Afrikaans Books
Word binnekort vrygestel
Huidige video is net ‘n plekhouer.
Oosig:
In Watse Wyn Het Jesus Gemaak En Hoekom? sê Ignatius le Roux dat ons vandag kan weet presies watse wyn Jesus gemaak het. Dit is volgens hom belangrike kennis want dit help ons om die verskil tussen antieke en moderne wyn te verstaan. Daarvoor neem hy ons op reis na die Israel van die bybelse tyd, en:
* vergesel ons na die bruilofsfees waar Jesus die wyn gemaak het en toon ons die gebruike en gewoontes by so ʼn geleentheid.
* voer ons verder terug na die dae van Noag, Lot, Salomo en Daniël om ons te laat “proe” aan die wyn wat hulle geken het.
* toon ons uit die werke van antieke geleerdes soos Pliny, Cato en Collumella, wat antieke wyn behels het.
* gee ons ‘n blik op ‘n wynplaas uit die tyd van Paulus se sendingreise wat onlangs opgegrawe is.
* neem ons na ʼn wynlandgoed in Suid-Afrika waar hy en sy vrou, Marina, eksperimenteel wyn gemaak het soos in die Bybelse tyd.
* laat ons kyk na bybelse begrippe soos “verslaaf aan baie wyn” en na die Korinthiërs wat “dronk” was by die Nagmaal.
* verras ons deur te toon watter merkwaardige profesie Jesus deur hierdie wonderteken vervul het.
* leer ons selfs ook watse wyn ons hemelse Bruidegom eersdaags aan ons gaan bedien by die Bruilofsfees van die Lam.
Hierdie werk lees soos ‘n avontuurlike ontdekkingsreis!
Watse Wyn Het Jesus Gemaak En Hoekom? – ʼn Illustratiewe Video, kan op die Kerugma Produksies webtuiste gesien word.
Ignatius en Marina le Roux van Kerugma Produksies verfilm sedert 2000 toere in die Bybellande gelei deur die Amerikaanse argeoloog, dr. Randall Smith. In Suid-Afrika redigeer hulle die beeldmateriaal in episodes in die gewilde TV-reeks, Exploring The Lands Of The Bible. Hierdeur het hulle baie kennis opgedoen van die gebruike van wyn in die Bybelse tyd. Ignatius en Marina het mekaar aan die Universiteit van Stellenbosch ontmoet waar albei M.Th-grade verwerf het.
Available at these stores:
Barnes & Noble
Exclusive Books
Amazon
Takealot.co.za