WATSE WYN HET JESUS GEMAAK?

Hierdie werk lees soos ‘n opwindende ontdekkingsreis! Geniet die avontuur!

BESKRYWING

In Watse Wyn Het Jesus Gemaak en Hoekom? – Die Herontdekking van Kennis wat vir Eeue Verlore was vertel Ignatius le Roux hoe hy en sy vrou, Marina, deur middel van spesifieke navorsing ontdek het watse wyn Jesus gemaak het en hoekom hierdie ontdekking belangrik is.

Deur gebruik te maak van eksperimentele rekonstruksies van antieke wynmaaktegnieke, tradisionele Joodse huweliksgebruike, onlangse argeologiese ontdekkings van antieke wynplase en kennis wat opgedoen is deur die verfilming van Bybellandtoere, wys hierdie boek dat die wyn van die Bybel en die gebruik daarvan hemelsbreed verskil van dié van moderne wyn. Om dit te illustreer, word die lesers op ‘n fassinerende reis terug na die Israel van die Bybelse tyd gelei, waar hulle onder meer kyk na presies wat Jesus by die bruilofsfees in Kana gedoen het, hoe wyn in antieke tye geproduseer is, en soveel meer. Kom reis saam om die kennis wat vir eeue lank verlore was, te herontdek!

______________

Meer Detail in verband met die Ontdekkingreis

Op hierdie ontdekkingsreis neem Ignatius die lesers op toer na die Israel van die tyd van Jesus en:

* vergesel ons na die bruilofsfees waar Jesus die wyn gemaak het en toon ons die gebruike en gewoontes by so ʼn geleentheid.

* laat ons ontdek wat die “goeie wyn” asook die van “swakker gehalte” was wat hulle by sulke geleenthede bedien het.

* voer ons verder terug na die dae van Noag, Lot, Salomo en Daniël om ons te laat “proe” aan die wyn wat hulle geken het.

* toon ons uit die werke van antieke geleerdes soos Pliny, Cato en Collumella, wat antieke wyn behels het.

* gee ons ‘n blik op ‘n wynplaas uit die tyd van Paulus se sendingreise, wat onlangs opgegrawe is.

* neem ons na ʼn wynlandgoed in Suid-Afrika waar hy en Marina eksperimenteel wyn gemaak het soos in die Bybelse tyd.

* leer ons wat “nuwe wyn” en “nuwe leersakke” was asook hoekom Timoteus wyn vir sy maagkwaal moes gebruik.

* laat ons kyk na bybelse begrippe soos “verslaaf aan baie wyn” en na die Korinthiërs wat “dronk” was by die Nagmaal.

* verras ons deur te toon watter merkwaardige profesie Jesus deur hierdie wonderteken vervul het.

* leer ons selfs ook watse wyn ons hemelse Bruidegom eersdaags aan ons gaan bedien by die Bruilofsfees van die Lam.

* en vele meer…

DIE OUTEUR

Ignatius en Marina le Roux van Kerugma Produksies verfilm sedert 2000 gereeld die Bybellandtoere van die Amerikaanse argeoloog, dr. Randall Smith. Terug in Suid-Afrika redigeer hulle die beeldmateriaal in episodes in die gewilde TV-reeks, Exploring The Lands Of The Bible. Hierdeur het hulle baie kennis opgedoen van die gebruike van wyn in die Bybelse tyd. Ignatius en Marina het mekaar aan die Universiteit van Stellenbosch ontmoet waar albei M.Th-grade verwerf het.

Was R449

Internasionaal

Bestel (Sagteband + eBoek)

Suid Afrika

Bestel Sagteband

Internasionaal

(eBoek)

Internasionaal

Order (Sagteband + eBoek)

Ook beskikbaar as ‘n eBoek by Amazon se internasionale aanlyn winkels (nie Amazon.co.za).

Resensies

As jy sukkel om te weet hoe om te antwoord as iemand vir jou se dat mens maar wyn en sterk drank kan drink omdat die woorde in die Bybel voorkom en dat selfs Jesus water in wyn verander het, is hierdie boek vir jou. Maar jy sal teleurgesteld wees as jy dink dis net nog ‘n boek om die kwessie vinnig op te los. Jy gaan uitgedaag word oor jou eie verhouding met die Here en leer hoe om die Skrif werklik te verstaan deur woorde, gebeure en situasies saam met die skrywer na te vors.

Buiten sy wetenskaplike navorsing en honderde betekenisvolle verwysings, neem Ignatius le Roux jou op ‘n geskiedenisles van wyn en die Romeinse gode, die Renaissance met die ontdekking van die mikroskoop en fermentasie en die moderne wyn van die 20e en 21e eeu. Hy skram nie weg om vals leerstellings soos die Wellhausen-hipotese en die vereenselwiging van Bacchus met Jesus te verduidelik nie. Hy en sy vrou, Marina, waag dit om oor ‘n paar maande ‘n proefneming te maak van hoe wyn vervaardig sou word in die Bybelse tyd, kompleet met voete wat pars en waarnemings wat fyn dopgehou word en sou lei tot ‘n merkwaardige gevolgtrekking oor ‘n spesifieke woord in die Skrif wat moeilik was om te verstaan.

Bogenoemde sou die nuuskierige leser wat meer feitelike kennis insake wyn wou opdoen dalk bevredig het, maar die ‘Wynboek’ bied veel meer as dit. Soos ‘n goue draad deur die teks, loop die wyntema deur die boek: van die rol van wyn by ‘n verlowingsplegtigheid, deur die verbouing en gebruik daarvan in die lewe van ‘n Israeliet, die misbruik daarvan by die heidense nasies en sekere Bybelkarakters en die waarskuwings van Salomo daaroor. Dit word voortgesit in die Nuwe Testament waar Jesus water in wyn verander, Paulus raad daaroor gee aan Timotheus en by die kruisiging waar Jesus dit weier en later drink aan die kruis. Deur dit alles staan jy verwonderd oor hierdie evangelie en die God van die Bybel en verstaan jy vir die eerste keer watse wyn Jesus gemaak het en hoekom. En hoekom dit Sy eerste wonderwerk was.

Die outoriteit van God self en Sy Woord is op die spel; Sy onfeilbare, wonderbaarlike plan met die mensdom is geopenbaar; Sy waardes soos kuisheid en getrouheid is daar om nagevolg te word: dit alles het die Wynboek my geleer!

Resensies

Hierdie interessante Wynboek bied ʼn volledige uiteensetting oor die gebruik van wyn in die Bybelse tyd. Die ontdekking van waste wyn Jesus gemaak het, is ongelooflik! Dit gee vir ʼn mens ʼn goeie perspektief, naamlik dat die antieke wyn destyds heel anders was as vandag se moderne wyn. Die boek lees maklik – dit vloei as een storie aan mekaar en is ʼn moet lees vir almal.

📘 Los n Resensie

Laat weet ons wat jy dink van die boek