Omtrent Kerugma Produksies
Ons Begin
Die woord kerugma is die Grieks vir die boodskap wat verkondig of geproklameer word.
Kerugma Produksies is ‘n geloofsonderneming. Dit is in 1995 gestig toe Naas en Marina le Roux, op daardie stadium in ‘n voltydse gemeentelike bediening, ervaar het dat die Here hulle geroep het om die Woord van God verder deur middel van hoë gehalte media produksies te verkondig.
Gevolglik het hulle hul gemeente verlaat in die vertroue dat die Here vir hulle, hul drie skoolgaande kinders asook die bediening van Kerugma Produksies sou voorsien. So het hulle Kerugma Produksies begin sonder enige finansiële ondersteuning of inkomste. Hulle getuienis is dat die Here hulle van stap tot stap lei en dag vir dag voorsien deur die vrywillige donasies van individue. Baie hiervan is van mense wat van Kerugma se DVD’s gesien het en ervaar dat die Here dit op hulle harte lê om die bediening finansieel te ondersteun.
‘n Ontmoeting ‘n aantal jare gelede met die Amerikaanse argeoloog en Bybel dosent, Dr. Randall Smith, het gelei tot die produsering van die DVD reeks, Exploring The Lands Of The Bible. Hierdie reeks wat op toer in die Bybellande deur Naas en Marina afgeneem word, werp op ‘n besondere manier lig op die agtergrond van die Bybelverhale. Sommige van die DVD’s in die reeks is op SABC 2 uitgesaai en het miljoene bereik wat andersins nooit die Evangelie boodskap sou hoor nie.
Terwyl die meeste mense nooit self die voorreg mag hê om op hierdie toere te gaan nie, bied die kyk van hierdie DVD reeks hulle die geleentheid om as’t ware so ‘n toer te kan meemaak en sodoende hulle kennis en begrip van die Bybel uit te brei. Met nog heelwat meer verfilming wat steeds gedoen moet word en die gepaardgaande redigering daarvan in die Kerugma ateljees in Suid-Afrika, is Naas en Marina steeds voltyds aan die werk aan die Exploring reeks.
Die woord kerugma is die Grieks vir die boodskap wat verkondig of geproklameer word.
Lees Naas le Roux se getuienis: “Dit is nog nie jou tyd nie”
This is the message we have heard from Him and announced to you, that God is light, and in Him there is no darkness at all (1 John 1:5).
The angels … are they not all ministering spirits, sent out to render service for the sake of those who will inherit salvation? (Heb. 1:13-14).