GERUGTE VAN OORLOE

Die video hierbo gaan met ‘n Video-potgooi vervang word wanneer die boek gereed is vir verspreiding.
Met Rusland se inval in die Oekraiëne in Februarie 2022 het sommige aanbieders van populêre video-potgooie ons in geen onseker terme laat verstaan dat ons nou moet gereed maak vir die Wegraping want dié oorlog sou die aanloop tot die Gog en Magog Oorlog van Esegiël 38–39 wees—die voorloper tot die Wegraping.
Met die Amerikaanse verrassingsinval in Iran gedurende Februarie 2026 is ons weereens verseker dat dit die vervulling van Bybelse profesieë is. Daarmee saam is ons blootgestel aan verskillende video-potgooie na aanleiding van Jeremia se profesie oor Elam—‘n provinsie van Iran. Hiervolgens sou die Iran oorlog die vervulling van hierdie profesie wees.
Soos dit wat hierdie aanbieders voorspel het nie gerealiseer het nie, het hulle al hoe stiller geraak. Niemand het verduidelik waar hulle dit mis gehad het nie.
In “Gerugte van Oorloë”, Gog en Magog, Elam en die Eindtyd – Israel en die Vyeboomgenerasie, verduidelik Ignatius le Roux dat daar ‘n paar basiese riglyne of Fundamentele Beginsels is wat ten grondslag lê van die verklaring van Bybelse profesieë. Met die lees daarvan word dit gou duidelik waarom uitsprake soos die van die genoemde aanbieders, telkens teleurstel. Daarmee saam leer ons om die Here se onderskeie planne vir Israel, die Kerk en die Heiden Nasies te verstaan, asook hoe om—te midde van die uitdagende tye waarin ons leef—ons fokus op Jesus se duidelike opdragte aan sy volgelinge te hou.
Ignatius en Marina le Roux van Kerugma Produksies verfilm sedert 2000 gereeld die Bybellandtoere van die Amerikaanse argeoloog, dr. Randall Smith. Terug in Suid-Afrika redigeer hulle die beeldmateriaal in episodes in die gewilde TV-reeks, Exploring The Lands Of The Bible. Die video’s kan op die Kerugma webtuiste gesien word. Ignatius het onlangs die boek Watse Wyn Het Jesus Gemaak en Hoekom? gepubliseer. Die paartjie het mekaar aan die Universiteit van Stellenbosch ontmoet waar albei M. Th. grade verwerf het.