In die voetspore van Paulus - die Italië & Griekeland reeks

BESOEK ITALIË IN DIE VOETSPORE VAN PAULUS
In die relatief klein area tussen Napels en Rome ontdek die toeris die Romeinse wêreld waarmee Paulus te doen gekry het gedurende sy twee reise na Rome. Dit is die wêreld wat Paulus so effektief bereik het met die evangelie van Jesus Christus. Vir inligting in verband met toere na Italië, besoek asseblief www.studytrip.info. Vir meer inligting in verband met DVD’s van Dr Randall Smith, kyk gerus verder rond op die webtuiste.

DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS
Gedurende ‘n onlangse toer na Griekeland het Dr. Randall Smith vir ons in die ruïnes van die stad Korinte ‘n platvorm met ‘n naambordjie waarop geskryf is BEMA, getoon. ‘n Bema is ʼn opgeboude platvorm op die stadsplein. Hy het verduidelik dat so ʼn platvorm of bema gebruik is om na kompetisies aan die wenners hul lourier- of oorwinningskranse te oorhandig (1 Kor. 9:25). Ons sien vandag steeds by sportgeleenthede hoe die wenners van die eerste drie posisies op ʼn podium verskyn om hul bekers te ontvang. Paulus gebruik die beeld van die toekenning van die lourierkranse by die bema te Korinthe, om die loon wat ‘n gelowige gaan ontvang, te beskryf: “Ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy liggaamlike bestaan gedoen het, of dit goed of kwaad was” (2 Kor. 5:10). Vir inligting in verband met toere, besoek www.studytrip.info. Vir inligting in verband met Dr. Randall Smith se DVD reeks, Exploring the Lands of the Bible, kyk gerus verder rond op die webtuiste.

Showing all 2 results

Showing all 2 results