Dr. Randall Smith

Argeologie en Bybel Professor, Dr. Randall Smith, besit ‘n M.A in ‘Near East Archaeology’ en ‘n Ph.D. in ‘Comparative Religion’ met spesialisasie in Judaisme. Hy het vir 13 jaar in Israel gewoon en is die Internasionale Direkteur van die Christian Travel Study Programs (CTSP). In hierdie DVDs waarvan die meeste lewendig op toer afgeneem is, bring hy die agtergrond van die Bybel na vore deur die verskeie temas op die plekke waar dit gebeur het, te bespreek.

Hy woon saam met sy vrou, Dottie en 3 kinders, in Sebring, Florida, V.S.A waar hy die senior leraar by Grace Church is. Terselfdertyd bied hy die lesings by Great Commission Bible Institute aan. Die lesings van die GCBI is aanlyn beskikbaar by One Hour, One Book. Bly op hoogte van sy nuutste lesse deur sy blog te besoek by The Wandering Shepherd. Die klankopnames van sy preke is ook beskikbaar by die webtuiste van Grace Church’s’ website.