Posted on Leave a comment

‘n Brief van ‘n kyker oor God Answers by Fire

Ek het gister die DVD GOD ANSWERS BY FIRE deur Dr Randall Smith gekyk en was verheug.   Eerstens was ek mal oor die beelde van daardie deel van Israel wat ek self ‘n paar jaar gelede besoek het.  Ek het ‘n groot nostalgiese oomblik gehad en ‘n verlange om soontoe terug te gaan.  Ek was ook baie beïndruk met die uitstekende gehalte van hierdie produksie.

Prys God dat Hy vir Naas en julle bediening die vermoëns en gawes gegee het om lesse van hierdie gehalte te vervaardig.  Die belangrikste was egter die geestelike lesse wat ek van Elija se ervarings kon leer.  Die Heilige Gees het al baie vir my na hierdie dele van die Skrif getrek om my te versterk en te bemoedig om geheel en al op Hom te vertrou, ongeag van hoe groot die storms van die lewe mag lyk nie.

Naas, mag die Here jou en jou span seën en in Sy perfekte vrede bewaar.

Ek bid vir julle Jesaja 26:3: “en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.” (1983 vertaling)

Shalom in Yeshua,

Ingrid.

Leave a Reply